NB: Dit is verkieslik om die aanlyn gereedskap te gebruik, wat keer dat vertaling nie per abuis verdubbel nie.
Indien u wel 'n projek uitvoer en vertaal, laat asseblief hier kommentaar aangaande die projek sodat ander nie dieselfde projek aflaai en vertaal nie!

Aflaai van .po-leërs

Dit is moontlik om .po-leërs te ontrek en af te laai vanaf die "Export" oortjie op die tuisblad van die Afrikaanse projek.

Daar is nie een enkele .po-leër vir die hele Drupal nie, maar afsonderlike leërs vir elk van die projekte en modules beskikbaar aan Drupal gebruikers.
Om die .po leër vir 'n projek af te laai, begin die projeknaam in die Projek tekskassie in te tik - die kassie sal voorstelle begin wys. Kies die korrekte projek en druk die "Choose project" knoppie.

'n Lys van modules georden volgens aantal in gebruik kan hier verkry word:
http://drupal.org/project/usage

Redigeering en Invoer van .po-leërs

Hierdie leërs kan dan met jou gunsteling toepassing geredigeer word en dan weer in die stelsel ingevoer word op die "Import" oortjie, en kan ook direk gebruik word op u eie Drupal werwe.

Wees asseblief bedagsaam en merk die "Store as suggestions" merkkassie indien beskikbaar, sodat ander se vertalings nie oorskryf word nie.

Groups audience: