Die groep bestaan uit 'n klomp entoesiastiese gebruikers wat help om Drupal na Afrikaans te vertaal. Om almal gelukkig te hou, is dit noodsaaklik om riglyne (nie reëls nie) neer te lê. Die doel van hierdie bladsy is om 'n begin hiermee te maak. Aangesien die bladsy 'n wiki is, kan u dit gerus wysig om u voorstelle by te voeg of verbeteringe aan te bring.
- Gebruik eerder "u" in plaas van van "jy". Dit is korter, meer formeel en in lyn met hoe die Nederlanders stelselboodskappe vertaal.
- Vir eenvormigheid, gebruik asseblief "E-pos" in plaas van "epos" of ander variasies. Let daarop dat E-posadres een woord is. Die uitsondering is as E-pos in samestellings, soos aanmeldings-epos, gebruik word.
- Let asseblief op die gebruik van hoofletters en leestekens. Dit is hartseer om 'n goeie boodskap af te keur net omdat die vertaler 'n punt uitgelaat het of nie opgelet het dat 'n boodskap met 'n kleinletter begin nie.
- "Regte" in plaas van "permissies".
- Voeg u voorstelle hier by deur kommentaar te lewer ("Add new comment")...
Sterkte en baie dankie vir u bereidwilligheid om te help. Ek is seker ons gaan almal baat by die tyd en moeite wat hier ingesit word.
Groups audience:

Comments
"Tag" en "Tags"
In plaas van "Tag" en "Tags" gebruik "Etiket" en "Etikette".
Lokaal vs plaaslik
Het local vertaal met lokaal alhoewel lokaal en plaaslik moontlike vertalings is - enige ander voorstelle miskien?
Tab vertaal met kenstrokie
Het tab met kenstrokie vertaal - miskien is daar ander voorstelle?
In Firefox en ander projekte
In Firefox en ander projekte word "tab" al vir jare vertaal met "oortjie". Ek sien Microsoft gebruik "duimgids", maar dis vreemd aangesien "oortjie" al redelik goed gevestig is, dink ek. Gebruik gerus Firefox in Afrikaans - dan kry mens heelwat blootstelling aan sommige van hierdie terme!